Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2009/09/01

Q.

Slaap en antibiotika

Goeie more dokter,

Ek wil nou ' n baie snaakse vraag vra. My dogtertjie van 13 maande slaap al sleg van geboorte af. Sy is so 2weke terug op antibiotika (augmentim) gesit en so 3dae later begin sy toe sommer deur slaap of net 1 keer wakker word. Maar sy het donderdag klaar gemaak met die antibiotika, en nou begin sy alweer so sleg slaap.

Sy huil net eweskielik in haar slaap, dit gebeur so paar keer per aand. Ek het al ' controlled crying'  ook gedoen wat bietjie gehelp het.

Maar nou is my vraag, kan dit wees dat iets haar pla of iets fout is? Iets seer is? Hoekom het sy beter geslaap op die antibiotika?

Of is dit dalk net toevallig?

Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat die feit dat jou baba beter geslaap het trewyl sy op doe antibitika behandeling gewees hes, net toevallig is. Was sy miskien die selfde tyd op enige ander medisyne soos een of ander antihistamien middel wat dikwels kinders lomerig maak? Of miskien het die antibiotika haar neusie oop gemaak deur om enige infeksie in haar adenoiede ['neusmangels'] te behandel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Anneke Lottering | 2009/09/01

Hallo Mamma, ek sit met dieselfde probleem, my 10 maande oue baba was ook op antibiotika(10dae), augmentim, het ook Donderdag klaar gemaak en nou sit ons met die geskreeu en wakker bly vanaf 22:30 - 03:30 in die oggend met 30min slaap tussen in? Sy het saam met die antibiotika deselex gebruik (antihestimien) en gebruik dit nog steeds.
1) kan dit tande wees (het nog geen)
2) ek gebruik die humidifier vir meer vogtigheid en ek gebruik ook ' n olie basis neus druppel voorgeskryf van ENT
en niks is beter.
Asb waarna moet ons kyk?

Reply to Anneke Lottering

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.