Childhood Diseases

Question
Posted by: Luma | 2009/01/14

Q.

SLAAP 11MNDE OUD

Middag Dokter, ons het bietjie raad nodig. My meisiekind is nou 11mnde en sy slaap vreeslik sleg in die nag, sy gaan slaap elke aand tussen 19h30 - 20h00 en sal vas slaap tot 24h00/01h00 se kant. As sy wakker word die eerste keer dan word sy elke uur wakker to so 04h00 toe en slaap dan verder tot 06h00. Sy drink nie meer ' n melkbottel deur die nag nie maar ek offer wel vir haar water of melk so nou en dan oor ek dink sy is dalk dors maar sy vat net ' n slukkie en stamp die bottel weg. Die meeste van die tyd soek sy net haar dummy en word dan weer aan die slaap na ' n paar minute se gehuil en baklei. Sy slaap in haar cot in haar eie kamer maar so nou en dan is ek en my man verplig om haar by ons in die bed te sit of langs ons bed sodat ons net bietjie rus kan inkry. Sy slaap net so sleg by ons in die bed ook. Hy neus is glad nie toe nie en sy is 100% gesond, sy is geneig om baie humeurig te wees en vreeslik te baklei as ons streng raak met haar deur die nag. Wat my bekommer is dat ek en my man dit dalk erger maak as ons in die middel van die nag streng raak en raas, kan Dokter vir ons bietjie raad gee om haar te help beter slaap?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek neem aan dat daar gen tekens dat jou baba beisig is om tande te kry nie. Eerstens moet sy wel nog haar bottel melk drink voordat sy saans gaan slaap. Indien sy wakker word moet sy weer 'n bottel melk drink en nie water nie. Sy moet nie toegelaat word om in julle bed te slaap nie, want dit is eintlik net wat sy wil he. Nadat sy een bottel in die nag gedrink het,moet sy in haar eie bed bly. Indien sy wel weer begin huil is die enigste oplossing om die 'controlled sleep' program te gebruik. Lees meer op Health24 of op Google.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.