Childhood Diseases

Question
Posted by: JK | 2012/05/08

Q.

Skoene vir baba

Prof, wanneer moet my baba dogtertjie begin regte skoene dra? Sy is 11 maande en het 2 weke terug begin stap. Dit gaan maar nog so tussen kruip en stap maar sy oefen die stappery vreeslik deur die dag! Op die stadium het ek nog altyd net vir haar pantoffeltjies aangetrek vir die koue deur die dag! Ek wil net nie te vroeg al begin het met skoentjies nie, bang dit druk die voetjies maar ook bang die pantoffels bied nie genoeg ondersteuning!
Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nie nodig dat babas skoene moet dra voordat hulle begin stap. Daarna is dit ook nie nodig dat hulle skoene moet dra terwyl hulle binne in die huis is. Wanneer hulle buitekant stap is dit nodig dat hulle skoene moet dra. Die skoene moet altyd die regte soort en beste kwaliteit vir hulle ouderdom wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2012/05/09

Kaalvoet is die beste omdat dit die voet se ontwikkeling toelaat. As jy buite stap, en jy''s bang vir seerkry, dan kan jy Shoo-Shoo''s vir haar kry. Dis sulke sagte leer skoentjies wat geen ondersteuning bied nie, en dus die voetjie se normale funksie toelaat. Andersins kan jy vir haar Woollies se Little Walkers reeks kry - dis deur podiatrists ontwikkel en ontwerp. Maar kaalvoet bly beste.

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.