Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012/05/07

Q.

Skielike slapelose nagte

Prof, u raad asb. Ons 11 maande oue dogtertjie slaap redelik goed in die nag (11 ure of meer), sy word so 2 keer wakker maar dis net vir die dummy en slaap dan verder. Ons het 2 weke gelede die oggend slapie weggeneem want sy as sy in die oggend slaap wil sy glad nie middag slaap nie. Sy slaap so 90 minute soms 2 ure in middag. Sy het 2 weke terug begin loop en verlede week het nog n tand uitgekom, lyk of nog ander moet uitkom. Gisternag het sy omtrent niks geslaap, was elke halfuur wakker en vreeslik gehuil tot ons in kamer kom dan hou sy op, ons los haar bietjie sodat sy self aan slaap raak maar dan is sy nog steeds elke halfuur weer wakker. Eers half 5 vas geslaap tot half 8 vanoggend. Kan dit wees oor al die mylpale?? Of tande?? Of moet ons die oggend slapie terugbring?? Sy vat baie aand haar 1 oortjie, kan dit dalk oorontsteking wees? Sy het nie koors nie! Baie dankie vir u raad!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is n baie goeie vraag.Dit is moeilik om met sekerheid die rede vir jou baba se skielike slaaploosheid te bepaal.Tot onlangs toe het sy baie goed geslaap. Daar moet iets nuuts wees wat haar slaap patroon so ontwrig het.Die twee moontlike redes is of haar tande of miskien dat sy 'n oorontsteking het.Aangesien sy nie 'n koors het nie is haar tande seker die rede. Hopelik is dit net tydelik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: christelle | 2012/06/11

my dogtertjie is nou 6 maande oud en sy het ook op n stadium goed geslaap, wel nie deur nie, maar sy was nie soos nou ook elke half uur wakker nie. sodra sy wakker word huil sy vreeslik tot ons die kamer se lig aangesit het en haar yt die kot getel het. is daar iets wat ek kan doen om haar net beter te laat slaap?. Sy soek ook heeltyd iets om te kou, maar sien nie dat sy wel tande sny nie.

Reply to christelle

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.