Childhood Diseases

Question
Posted by: Anne | 2013/02/04

Q.

sinus

My dogtertjie word 5 in April. Sy is gediagnoseer met sinus omtrent 2 en ''n half jaar terug. Die dr het Flixonase Capsules voorgeskryf en ons het verskeie stropies al probeer. Sy ervaar geen simptome vooraf, bv. Kopseer, ens. En word dan in die oggend ure siek. Ek gee nie vooraf medisyne in nie aangesien daar geen simptome is. Wanneer ek bewus raak van die sinus is dit reeds te laat en sy het reeds begin opgooi. Haar lyfie isgewoonlik dan pap, bleek en sy gooi aanhoudend op. Sy kla ook van duiseligheid. Die dr het gese ek moet niks ingee vir naarheid aangesien die slym moet uit. Tydens hierdie episode sal sy dan tot 9/10 uur slaap en dan voel sy beter en die opgooi het ook gestop. Ekt aanvanklik vermoed dat suiwel hierdie episodes veroorsaak, maar nou bv. Gister het sy omtrent ''n halwe roomys geeet en 2 stukke kaas (baie minder suiwel as gewoonlik) en sy is weer siek. Suiwel veroorsaak egter nie altyd hierdie episodes nie. Kan dit sinus wees? Het u enige advies hoe ons hierdie episodes kan voorkom?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou dogter geen sinus probleem het nie. Haar simptome is die van die 'cyclical vomiting syndrome' wat 'n soort migraine is. Dit is nodig dat sy 'n 'migraine dieet' volg en veral geen kaas eet nie. Lees verder op Google: Migraine diet' en 'Cyclical vomiting syndrome in children' Indien sy aanhou om hierdie episodes te kry sal dit nodig wees om haar pediater te raadpleeg maar daar bestaan geen twyfel oor hierdie diagnose nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.