Childhood Diseases

Question
Posted by: mamma | 2009/09/25

Q.

Silent reflux

Goeie more dokter,

My dogtertjie van 14 maande huil baie gedurende die nag. Ek is regtig raadop!

Die ' crying it out'  metode het ek ook al probeer, maar niks werk regtig nie. Ek is doodseker iets pla haar. Want hoekom sal sy sommer net ewe skielik in haar slaap begin huil? (sy doen dit al sedert geboorte). Ek kan sien sy wil slaap maar iets pla defnitief.

Ek vermoed ook al sedert die begin dat sy Silent reflux het, maar die toets wat gedoen is, was die " barium sluk" , maar dit het niks gewys nie. Maar silent reflux is mos iets wat eers later pla en nie onmiddelik na melk gedrink is nie.

Haar pediater kan my nie help nie (of hy gee nie regtig om nie), kan ek haar na ' n " pediatric gastroenterologist"  toe neem? En is daar so iemand in pretoria/gauteng area? Watse toets kan gedoen word vir silent reflux.

Ek het gister aand vir haar 5ml Gaviscon gegee en sy het bietjie beter geslaap maar so 3uur vanoggend weer baie gehuil (gewoonlik begin dit al so 12uur, elke uur).

Het u dalk vir my enige raad?

Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is heel moontlik dat jou baba 'n probleem het met refluks. Die barium sluk word nie meer beskou as 'n goeie metode om refluks te diagnoseer nie. Die feit dat sy beter geslaap het toe sy Gaviscon gekry het is bewys dat sy met refluks wat sooibrand veroorsaak nog sukkel. Gee vir haar Gaviscon 2.5 ml wanneer sy in die aand gaan slaap en indien sy weer wakker word kan jy nog 2.5ml vir haar gee. Dit is nie nodig om nog toetse te doen nie. Sy sal met tyd hierdie probleem ontgroei maar gewoonlik nie voor sy 18 maande oud is nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.