Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2009/05/22

Q.

Seuntjie wil nie gaan slaap nie

My seuntjie is 2jaar en 3 maande. Hy slaap by die kleuterskool vanaf 11:00 tot 13:00. Hy wil nie tot rus kom in die aande nie en drink sy melk omtrent 19:30 in sy bed, maar weier om daarna te gaan slaap. Dis elke aand ' n gesukkel en uiteindelik gaan klim ek en sy pa in die bed, omtrent 21:00 en sit die kamerlig af. Hy huil dan en kom staan langs my bed vir ' n hele rukkie. Dan eers sê  hy hy wil in sy bedjie gaan slaap. En dan raak hy aan die slaap. Hy word ook omtrent drie maal elke nag half wakker, en slaap dan weer. Is dit normaal en wat kan ek doen om hom vroeë r te laat slaap?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie gedrag kom baie dikwels voor. Jou seuntjie het nou gewoond geraak aan die feit dat sy ouers in sy bed sal klim voordat hy aan die slaap sal raak. Dit is nou tyd om hierdie gedrag te verander.Le langs hom wanneer hy om 19:30 bed toe gaan en lees een of ander kinder boekie waarin hy belangstel. Daarna moet hy gesoen word en verlaat sy kamer. Indien hy begin huil wag eers minstens 5 minute voordat jy na hom toe gaan en al wat gedoen moet word is om hom gerus te stel en dan weer sy kamer te verlaat. Indien hy weer begin huil moet hy vir een minuut langer huil voordat jy na hom gaan. Hou aan met hierdie program wat die 'controlled crying' metode genoem word. Lees meer op Google in die verband.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Anonymous | 2009/05/22

my dogtertjie is 3 jaar oud en dis dieselfde struggle. sy slaap party dae nie eers nie maar ja, dis ook elke aand ' n bakleiery en dan raak dit ook na 9 voor sy gaan slaap. en ja, daai 3 keer ' n nag se opstaan ken ons ook. ek het nie raad vir jou nie, net dat ons in presies dieselfde bootjie is so as jy raad kry laat weet my ook maar. sterkte.

Reply to Anonymous

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.