Childhood Diseases

Question
Posted by: Mix | 2010/05/05

Q.

Seuntjie se Spraak.

My seunjtie is ''n 1 jaar en nege maande fris en gesonde seuntjie.Ek wil graag weet of daar ''n sekere ouderdom is waarop hulle al moet begin praat. Hy sê  al woorde soos die gewone pappa, mamma, ouma, oupa en as ek vir hom nuwe woorde sê  sal hy dit partykeer ook sê . Hy het ''n boek " My first 100 word"  en ek sal bv vir hom ''n woord sê  dan wys hy daarna in die boek. Hy praat nog nie in sinne nie uit die aard van die saak. Hoe " meet'' ''n mens of sy ontwikkeling in sy spraak normaal vorder.Almal ontwikkel seker anders ek wil net seker maak dat sy spraak wel normaal ontwikkel.Is dit nodig om hom na ''n spraak terapeut te neem of dalk na oudioloog? Ek sal u raad baie waardeer.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Kinders verskil baie onder mekaar met hulle spraak ontwikkeling.Dit is veral die geval met seuns.Die meeste kleuters begin drie woord sinne te gebruik wanneer hulle 18 maande oud is,maar daar is baie ander kinders wat eers vanaf twee jaar sulke sinne sal kan gebruik.Wees geduldig,dit lyk wel asof jou seuntjie baie woorde verstaan en dat dit nie baie lank sal neem voordat hy reg is om nog woorde te begin se.Indien hy geen vordering op 2 en 'n half jaar gemaak het sal dit nodig wees om 'n spraakterapeut te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.