Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2010/05/18

Q.

Seuntjie se geslagsdeel

My seuntjie is nou 3 jaar 2 maande. Hy het nou vir die eerste keer infeksie gehad by sy geslagsdeel. Die uriene-monster wys op ''n weefsel infeksie. Hy was op antibiotieka en is nou heeltemal reg. Die dokter sê  sy velletjie voor is te klein oop voor en dat ons hom moet terugtrek. Ons doen dit as ons hom bad, maar dis ''n gesukkel, want hy lag hom dood. Sal dit vanself regkom of nie? As hy ''n operasie moet kry, hoe weet ek wanneer?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die beste sal wees om 'n pediatriese uroloog te raadpleeg. die uroloog sal die regte diagnose maak en ook 'n besluit neem of 'n operasie nodig is of nie. Ek vermoed dat dit wel nodig sal wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
user comments

C.

Posted by: Wilma | 2010/08/12

Het infeksie by Adneksa, maandstonde hou nie op nie vloei soos water

Reply to Wilma
Posted by: Carla | 2010/05/21

Hi Lee
Ek en my man het gisteraand besluit dat as hy weer seer/infeksie het, vat ons hom sommer direk uroloog toe. Stem jy saam?
Dankie!

Reply to Carla
Posted by: LEE | 2010/05/20

Hi Carla,

Baie sterkte!! Glo my - ons het lank gewroeg met die besluit en honderde opinies en raad gevra. Op die einde van die dag sal julle moet doen wat julle voel is reg. Ek het eers hard daarteen vasgeskop, maar na baie oorweging ons beslit gemaak. Dit sou nie vir my seuntjie gewerk het om bloot terug te trek onder narkose nie - want dan moet jy dit elke dag terug trek anders groei dit net weer vas en my seun het klaar blou moord geskree as ek net daar naby kom. Hy is 100% nou en ek het die berusting dat hy nooit weer hiermee hoef te sukkel nie (en dit is meer higienies ook), my man is nie besny nie en hy sukkel nou en dan met infeksie.

Baie sterkte!!!

Reply to LEE
Posted by: Carla | 2010/05/20

Hi Lee
Dis ''n moeilike besluit. Party sê  hy sal hom vanself " reg speel" , en dan raad soos julle s''n. Ek sal dit vanaand met my man bespreek.
Dankie baie!

Reply to Carla
Posted by: lee | 2010/05/19

Hi Carla,

Ons seuntjie is 5 en het met presies dieselfde gesukkel. Ons het ''n uroloog genader. Die gevaar met die dun pypie is dat die drukking in die blaas en niere opstoot - kan nierversaking tot gevolg he!
Ons seuntjie is verlede vrydag besny - dit was die beste besluit wat ons kon geneem het!! Hy sal nooit weer sukkel met velletjie terugtrek (en al die emosies, rasery, bakleiery, stres wat daarmee saamgaan) of selfs infeskie nie!!

Sterkte....

Reply to lee
Posted by: WJA | 2010/05/18

Daar is geen fout met U seun se vellitjie nie. Dit moet erreder nir terug getrek word nie want dit kan for velletjie beskadig. Die nouheid sal vanself regkom wanneer U seun ouer word.

Reply to WJA

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.