Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2009/01/05

Q.

Seuntjie is nou 2.8mnde

Hi dok, ek het verlede jaar (winter) so met ' n siek kind gesukkel en boonop het hy chronies ' n toeneus wat ek al met zertyc, deselex, neussproei ens. Ek wil graag die jaar afkom van die medisyne af. Wat stel u voor, ons was mos by die ONK-spesialis en hy het vog op sy ore gehad maar met medikasie het dit opgedroog, die spesialis kon ook nie die adenoids sien nie. Ons pediater het in Nov voorgestel ons moet gaan vir bloedtoetse maar ons medies was uitgeput. Moet ons gaan vir die toetse en sê  nou maar hy is allergies vir bv. stof, wat kan mens daaromtrent doen?? Ek wil nie hê  hy moet vir ewig op medisyne wees nie. Of moet ons gaan dat hulle sy mangels en adenoids uithaal? Ek weet nie wat gaan die beste wees op die ou end van die dag nie, maar ek sien nie kans vir nog ' n jaar waar my kind baie siek raak winter nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wat hier nodig is is 'n diagnose. Daar is geen teken van 'n probleem met jou seuntjie se mangels of adenoiede nie.Sy probleme kan beslis as gevolg van 'n allergiese toestand wees. Daarom is dit nodig om 'n pediatriese allergis te raadpleeg. Daar is sulke spesialiste in al die stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.