Childhood Diseases

Question
Posted by: Help dringend asb! | 2009-01-22

Q.

Seuntjie amper 3, baie siek

Hallo dr, my seuntjie het Saterdag begin kla dat hy eina agter het, ek het gekyk en hyt nie brandboude nie, hyt gesê  dis binne eina, ons het saterdag aand apteek toe gegaan en gedink dit kan wurms wees, hulle het vir ons wurmgoed gegee en iets vir constipation, Sondag was hy nog glad nie beter nie, gaan Maandag dr en sy sien dat hy bietjie rooi voor op die penis se tippie is, syt nie eers by boude agter gekyk nie. Sy gee vir ons Salterpyn, en sulke sakkie goed vir constipation en Prozef, Dinsdag aand was ons by die hosp en hulle gee vir hom salfie vir penis en probiotic (wat hy nie wil kou nie), en gister skree hy weer van die pyn en slaan homself voor op sy penis, ek het my kind nog nooit voorheen so gesien nie. My huis dr het scopex gegee vir maagkrampe wat hy glad nie wil drink nie, en hyt ook gesê  ons moet pasop dat dit nie sy blindederm is nie...ek weet nie wat om te doen nie. ek het gevra vir iets wat hom sal laat slaap
net sodat hy nie so pyn het nie!! Hulle het setpille gegee wat ook nie eers werk nie. Wat moet ek volgende doen?????

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die probleem hier is dat geen diagnose is nog nie gemaak nie. Nie een van die hope dokters wat jou seuntjie ondersoek het, het 'n vaste diagnose gemaak nie. Allerhande medisyne is voorgeskryf insluitende antibiotikas en Salterpyn wat codeine bevat-geen wonder dat hy nou hardlywig is want dit is 'n newe effek van codeine.Dit is uiters belangrik dat jou seuntjie deur 'n pediatriese chirurg ondrsoek moet word. Hy het miskien appendisitis of 'n abses.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
user comments

C.

Posted by: Marie | 2009-03-19

wat is die simptome van blindederm ontsteking en hoe lank
kan mens wag voordat ek kind na doktor toe neem nadat sy
begin kla van pyn in regtersy

Reply to Marie
Posted by: Dringend | 2009-01-23

Dankie vir jul almal se raad, jy ook Ekke, hy is nou juis besig met potty-training. Hy is vandag hope beter, maar next time gaan ek straight pediater toe.

Lekker naweekie vir julle almal!

Reply to Dringend
Posted by: Ekke | 2009-01-22

My seuntjie het ook verlede jaar gekerm sy " polla"  (Totie en nr2 area)area is seer,hys 3.5 jaar.Hyt skielik opgespring en vasgehou en dan gehuil en gese eina eina!Toe het ek agtergekom,na ek ook gewonder het nou wat de joos kan dit wees, dat hy vergeet om te piepie(hy pottietrain nog) dan raak sy totie enblaasgedeelte seer van lank knyp.Ek dink soos blaas infeksie of so,en vandat ek wee heeltyd vir hom se hy moet piepie,is die problem opglos.As hul eers elf piepie in toilet ,dan is mens geneig om te dink hy sal self gaan piepie,maar hul raak so besig met hul eie dinge dat hul vergeet(ek ook).So,ek maak nou n punt daarvan om homgereeld an te se dat hy moet gaan piepie!

Reply to Ekke
Posted by: Anon | 2009-01-22

I think you need to start ruling out a few things:

Has he passed stools?
- Are they normal and frequent?
- Is there any pain associated in passing? If yes, where?
- Blocked or twisted bowels, appendix, gas etc could be the cause.

Has he passed urine?
- Is it normal and frequent?
- Does it burn / hurt? If yes, where?
- Bladder or urinary tract infection could be the cause.

Is his tummy tender when you press it?
- Look at location of tenderness
- Look at intensity of tenderness


You need to get your son urgent medical attention and start eliminating things to get to the root cause.




Is his tummy tender when you press it?

Reply to Anon
Posted by: Dringend | 2009-01-22

Hoe kan die huisdokter sê  julle moet " pasop"  vir blindederm? Hy kan mos bloedtoetse doen om vas te stel wat die probleem is. Nee, vat jou kind dringend na ' n pediater toe. Hy het dringend iemand nodig om na hom te kyk. GEEN kind sal so aanhoudend kla vir niks nie. Sterkte en laat ons weet.

Reply to Dringend

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.