Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenn | 2009/01/27

Q.

Seun van amper een jaar eet sleg

My seun word in Februarie 1. Tot nou toe was ek net bly as hy eet want hy het onlangs sy eerste tand gekry en wou niks eet nie, maar ek begin nou bekommerd raak want vanoggend toe sê  die kleuterskool vir my hulle het om terug by die baba kamer want hy eet nie goed nie en drink net melk. (formule)

Ek het baie hard probeer om hom op meer growwe kos te kry, maar hy wil niks weet nie. Hy spoeg dit net uit en weier om iets te eet as ons aanhou om te probeer. Ek het toe maar weer van die jonger ouderdomme purity gaan koop en hy eet sonder ' n probleem. Ook die kos wat ek by die huis maak moet ek deur ' n sif druk sodat hy dit sal eet. Hy eet nou en dan goed uit ons borde uit en kou stukkies kos soos brood, flings chips, stukkies vis, kaas ens. maar dit is nie genoeg vir ' n ete nie.

Moet ek nou maar vir hom die fyn kos gee?

Naweke by die huis kry hy sy fyn kos en ek gee vir hom deur die dag sulke peusel kos soos broodjies en kaas ens. maar ek glo nie die kleuterskool gaan so met hom sit en seker maak hy eet daai vaste kos nie.

Het dokter enige voorstelle van wat ek kan doen?

Hy is nou nog om Lactogen 2, maar sodra dit op is dan gaan ons oor na Nido 1 toe. Kan ek die formule los as hy so sleg eet.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy het die oplossing self uitgewerk. Hou aan om jou seuntjie fyn kos te gee.Baie kinders van hierdie ouderdom weier om growwe kos te eet. Wees geduldig, hy sal later begin om alle soorte voedsel te eet.
Hy kan beslis oorslaan na Nido.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.