Childhood Diseases

Question
Posted by: Tasja | 2009-01-26

Q.

Seun siek!

My seuntjie is 3.5 jaar
Hys siek op die oomblik,van Vrydag af koors en v Sondag af baie erge keelseer,hees.Dr se vanogg dis ontsteking in sy stembande,het kortisoon gegee,wat baie sleg is,sukkelmy dood om dit in hom te kry.
Hyt van geboorte af n reflux probleem,hys op 36.5 weke gebore,het dit nie ontgroei nie.Hyt losec gebruik toe hy klein was.Hyt so jaar en half gelede wee kwaai reflux gehad,het hom pediater toe geneem, hyt ons verwys na Prof Brown in die kaap,ek was wee 26 weke swanger en ons bly 4 ure se ry vd Kaapstad af(ekt n sensitiewe baarmoeder en het vroee -|- raksies gekry,konni n vlug kry nie en dit toe maar gelos ,hyt sederdien ie wee so erg gehad nie),en skielik die laaste 3 nagte kry hy ook wee erge reflux,hy slaap by my as hy siek is!Net sodra hy lekker slaap kom die vloeistof tot by sy neuskeelholte,hy kry nie asem nie en hoes,raak semi-wakker en huil,want sy keel is seer.
Hy was begin Desember by ons Pediater,en hyt gese ons seun is effe oorgewig,hy was 1.16 cm en 27 kg.Sy pa is n groot man,ek is klein!Hy eet feitlik niks lekkers of chips of koekies nie,eet wat ek kook.
Ek kry hom vreeslik jammer met die reflux ding as hy le,wat in die wereld kan ek doen om dit vir hom beter te maak,is dit agv oorgewigheid?Moet ek wee Losec vir hom gee??Hellp asb?My man werk oorsee,en ek kanni sommer net in my kar klim en Kaap toe ry nie(ekt n dogtertjie van 1 ook),ekt n oplossing in die Suid-Kaap nodig asb!ASSEBLIEF!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie siekte is nie as gevolg van refluks nie. Dit lyk wel asof jou seuntjie op die oomblik aan kroep ly wat as gevolg van 'n inflammasie van die stembande is. Die dokter het die regte behandeling voorgeskryf. Indien hy nie die medisyne wil drink nie vra vir jou dokter om vir jou seuntjie 'n nebuliseerdere te leen en gebruik 1ml adrenalien gemeng met 1ml normaal salien in die nebuliseerder 3 tot 4 maal per dag totdat hy nie meer hoes en hees is nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.