Childhood Diseases

Question
Posted by: jomere | 2009/04/14

Q.

Seun 14 maande

My seun is 14 maande. Hy was ' n koliek baba. Hy is ' n baie goeie eter. Hy eet sy pap in die oggend. Vrug / purity in die middag en in die aand gee ek vir hom sy groente en dan eet hy gewoonlik saam met my. Voor hy gaan slaap drink hy sy bottel melk. Maar gedurende die nag drink hy 5-6 bottels melk ek het dit nou verander na Rooibos tee en nog steeds drink hy so baie. Hy is baie huilerig en rusteloos. Kan dit wees dat hy nog koliek is of kan daar iets anders wees wat ek vir hom kan gee of kan doen. Hy slaap nie baie goed nie en word misluk wakker.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba is nou 'te oud' om nog 5 tot 6 bottels melk elke nag te drink.Hy is ook ver verby die tyd wanneer babas deur koliek gepla word. Daar moet hier erens 'n rede wees veral omdat hy deur die nag sukkel om te slaap. Miskien word hy nog deur 'n refluks probleem gepla. Die beste sal wees om sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Jenn | 2009/04/14

Hi Jomere

Ons het dieselfde ervaar met ons seun van 14 maande. Dit het begin gebeur vandat ons hom oorgesit het op Nido en vandat ek vir hom vaste stukkies kos begin gee. Hy wou net pap kosse he. Hy eet seker nou minder en die Nido is ook nie meer so vullend soos die Lactogen nie. Ons het vermoed ons seun is dalk nog honger omdat hy so baie wakker word waar hy voorheen altyd deurgeslaap het.en toe het die dokter gesê  ons kan in die aand vir hom nog Lactogen gee tot hy 15 mnde is dan behoort hy beter te eet ook. Ek het nou sy etes vermeerder met ' n toebroodjie en groente deur die dag en dan gekookte ete in die nag. Hy eet maar min, maar hy snack baie deur die dag aan broodjies en yogurt en vrugte purity.

Reply to Jenn

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.