Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenn | 2009/04/01

Q.

Seperation Anxiety 1 jarige??

Hallo Doc

My seun van 1 is vir langer as ' n week baie ma-vas. Dit het ons aan die begin nie regtig gepla nie, maar hy begin nou regtig moeilik raak. Hy doen dit nou ook nie net met my nie, maar ook met sy oppasser by die dagsorg. As een van ons ons rug draai dan gooi hy ' n tantrum en wil heeltyd opgetel word. Aan die begin het ek hom net op die grond laat lê  dan loop ek. Sodra hy sien ek is weg dan hou hy op met huil. Nou staan hy op en hardloop al huilende agter my aan. Ek kan hom ook nie by die skool aflaai nie. Ek moet op my kniee gaan sit en hom van my nek af probeer trek. In die middae as die oppasser huistoe gaan (voor ons daar kom) dan is hy dieselfde met haar. Hy word nou ook deur die nag wakker nadat hy altyd deurgeslaap het en dan skree hy tot ons hom moet gaan haal. Ons het die naweek getrek na ' n ander huis toe maar hy het van die begin af nooit probleme gehad in die nuwe plek nie. Hy het die eerste paar aande geslaap soos altyd en loop alleen deur die huis sonder dat ons saam hoef te loop. Nou eweskielik kan ons nie huishou met hom nie. Wat kan so iets veroorsaak? Is dit seperation Anxiety? Wat kan ons doen om dit beter te maak?
Is dit dalk net stoutigheid? As ek hom optel dan lag hy dadelik weer.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie gedrag is 'n vorm van separation anxiety. Kinders van die ouderdom is nooit gelukkig om 'n nuwe huis in te trek.Tans het hy baie aandag nodig en na 'n redelike kort tydperk sal hy weer gelukkig voel en die probleem sal verdwyn. Sy pa moet ook help.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.