Childhood Diseases

Question
Posted by: micky | 2008/09/18

Q.

sensoriese integrasie (tas)

my dogter is 5 sy het sleg grootmotories ontwikkel en ons is toe na n arbeids terapeet verwys hul het haar getoets en bevind dat sy tas integrasie het sy gaan weekliks terapeet toe en ons het met hul aanbeveling ook dat sy met monkeynastix begin maar op die stadum weet hul nie of sy vinnig genoeg vorder om betyds skoolgereed te wees nie (vir G R) wat is daar wat ek nog exstra by die huis met haar kan doen om te help?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die beste oefening van alles is om gereeld prentjies in te kleur. Gee ook vir haar gereeld Biostrath.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Occupational Therapist | 2014/10/29

Dit is baie belangrik om presies vas te stel of jou dogter se prosessering van beweging asook die terugvoer wat sy van haar spiere en gewrigte ontvang (propriosepsie) optimaal is. Dit is van kardinale belang dat haar vestibuler-proprioseptiewe asook prosessering van tas optimaal is omdat dit die sensoriese basis vorm vir die verdere ontwikkeling van die nodige spiertonus, posturele kontrole en stabiliteit, goeie balansreaksies en dan uiteindelik die vermoe om die twee kante van haar liggaam te koordineer. As hierdie aspekte van haar ontwikkeling goed vorder sal haar fynmotoriese asook perseptuele vaardigehede in plek begin val met ondersteuning van die arbeidsterapeut. Moenie te vinnig na die hoer vlakke van ontwikkeling probeer spring voordat die basis grondslag goed genoeg gele is nie....dit is wanneer die wiele later in haar skool loopbaan dalk mag afkom omdat sy dan splintervaardighede aangeleer het. Jou terapeut behoort jou ook te kan help met 'n tuisprogram om die proses vinniger te kan maak.

Reply to Occupational Therapist

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.