Childhood Diseases

Question
Posted by: Rosemary | 2012-01-16

Q.

Ryspap en allergiese reaksie

Beste Dokter, welkom terug! Ek vra omverskoning vir die uitgerekte storie maar ek wil net seker maak ek lig u volledig in. My babatjie is nou 4 1/2 maand oud. Hy was op 37 weke ( 2.4kg)gebore (swak doppler). Toe ons hom vir sy 14weke ondersoek (6.8kg) pediater toe geneem het, het ons pediater gese ons kan hom Cerelac se ryspap begin gee. Ons het dit gedoen (2 telepels soggens en 2 saans) en die eerste paar dae het dit goed gegaan. Daarna, seker so 4 - 5 dae later (ek dink dit was toe ek ''n ekstra lepeltjie bygevoeg het maar is nie seker nie) het hy ''n uitslag op sy mondjie, magie en ruggie gekry die oomblik wat hy dit geeet het. Die uitslag het dan na ''n paar ure weggegaan. My pediater het gese ek moet aanhou ryspap gee aangesien hy NIE allergies kan wees vir die pap nie en gese dis waarskynlik net ''n hitte uitslag. Ek het toe teen my beter wete aanhou die pap gee en hy het steeds uitgeslaan (later net om sy mondjie en gesig). Dit het ons vir so 2 - 3 weke gedoen tot hy bloeding in sy stoelgang gekry het (klein bloed spatseltjies). Ek het vir hom organiese pap gegee (Holle) en hy het nie uitgeslaan daarvan nie. Toe ek die bloed in sy doek opmerk het ek hom na ''n ander pediater toe geneem wat gese het hy is wel allergies vir ryspap of iets daarin en dat ek dit dadelik moet staak. Ons het ''n bloedtoets laat doen maar die uitslae het net gewys dat hy wel allergies is maar kan nie bepaal presies waarvoor nie. Die voorgestelde dieetplan is dus dat ons hom begin op groente dan vrugte en van so 7 maande af vleis saam met groente en eers op 9 maande weer probeer met yogurt en ryspap om te kyk hoe hy dan reaggeer. Hy moet ook soggens en saans Zyrtec gebruik en reuteri druppels. My vraag is egter die volgende: Ek borsvoed, en is geadviseer om alle wheat, melkprodukte, vleis, eiers, soy en neute uit my dieet uit te skakel. ''n Vroedvrou het egter gese ek kan voortgaan om normaal te eet, so nou weet ek nie wat ek kan en nie kan eet nie en hoe dit my babatjie gaan beinvloed nie. Ek sal enige raad en advies opreg waardeer. Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie. Dit gebeur baie selde dat babas allergies raak vir ryspap. Wanneer dit wel gebeur is dit gewoonlik 'n ander bestanddeel in die pap wat die allergiese reaksie veroorsaak. Cerelac ryspap bevat ook MELK en ek is byna seker dat dit die melk in die Cerelac is wat sy jou baba se allergiese reaksie veroorsaak het, veral met die geskiedenis van bloeding in sy stoelgang.Daar bestaan geen twyfel dat jou baba hoogs allergies is.Dit is uiters belangrik om uit te vind presies waarvoor jou baba allergies is. Daar bestaan baie goeie toetse om 'n vaste diagnose te maak en ek is verbaas dat hierdie toetse nog nie gedoen is nie. Intussen is dit nodig om aan te hou om hom te borsvoed. Hy kan die Holle pap eet. Dit sal 'n goeie idee wees om self suiwel, eiers en peanuts te vermy terwyl jy nog aanhou om te borsvoed.Die beste sal wees om 'n pediatriese allergis te raadpleeg en ook met 'n dieetkundige saam te werk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Rosemary | 2012-01-16

Skuus Dokter, ek wil ook net noem dat hy geen allergiese reaksie waarvan ek bewus is getoon het vir my borsmelk nie, nie voor of na na hy die pap begin eet het nie.

Reply to Rosemary

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.