Childhood Diseases

Question
Posted by: Shel | 2009/01/27

Q.

Rustelose Slaper

Hi Doc
Ons baba is amper 12mnde oud, sy weeg omtrent 10.3kg.
Sy is baie rusteloos deur die nag in haar cot en selfs as ons haar by ons in die bed sit slaap sy baie onrustig. Sy sal heel nag rond rol en haar rug agteroor trek en self kop onderste-bo le en slaap, sy le nie langer as 30min stil nie. Sy word ten minste elke 2ure wakker. Sy het onlangs ' n loop neus en ' n slegte rash gehad maar dis al baie beter, sy sny ook nou 4 of 5 tande gelyktydig. Ek kan verstaan dat al die dinge haar dalk uit die slaap hou maar sy slaap net so onrustig al is sy gesond en sny nie tande nie. Kan dokter dalk enige raad gee oor wat fout kan wees en wat ons kan doen om haar te help beter slaap?

Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die leidraad hier is jou beskrywing dat jou babatjie haar rug agteroor trek wanneer sy in haar kot rondrol. Ek vermoed dat sy nog gepla word deur refluks en sooibrand wat pyn veroorsaak.Vra vir jou pediater om haar te toets of sy nog refluks het. Indien hy nie die fasiliteite het om die toets te doen kan hy haar vir moontlike refluks behandel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.