Childhood Diseases

Question
Posted by: Roos | 2009/04/07

Q.

RSV

My seuntjie is 14 maande oud. Gebore met vog op die longe en van 3 maande af sukkel hy met sy borsie (slym, hoes, loop neus) en was hy nou al 5 keer in die hospitaal! Het ook een van die kere pypies in die ore gekry. Hy was nou laasweek vir 5 aande in die hospitaal en dit het uitgekom dat hy RSV (en Influenza) het. Hy het nou al ' n totaal van 18 fisio sessies gehad en alhoewel daar minder slym dreineer - hoes hy ons nog elke nag wakker en klink sy bors glad nie beter van die dag wat hy opgeneem is nie. Hy kry die heeltyd koors - eet sleg (seker agv keel wat seer is van hoes) - en gooi gereeld al sy melk of kos op - blykbaar agv al die slym. Ek spandeer duisende aan fisio sessies, nebulisering (Duolin,Ventolin, Pulmicort), medisyne (Budaflam pompies, Singulair, Flemeze, Zertec, Sterima, Iliadin, ens) - en ek kan eerlik nie sê  dat hy van sy geboorte af 100% gesond is nie! Ek is raadop. Daar word vir my gesê  sy bors is slegs boonste lugweë  en sy erge hoes is agv die RSV virus. Intussen wil die dr nou vir die 3de keer in 4 weke vir hom Preflam gee - maar ek kom GEEN verandering met bors agter na elke keer nie. Ook geen verandering ervaar na 2 reekse antibiotika nie. (Weet antibiotika werk nie vir virusse nie). Is daar enige DOELGERIGTE en EFFEKTIEWE behandeling vir RSV? Dit is nie vir my goed genoeg dat ek maar net moet aanvaar dat my ou seuntjie se bors klink soos dit klink agv RSV nie. Daar moet iets wees wat ' n mens kan doen hom 100% gesond te kry. Enige raad sal waardeer word.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is byna seker dat al jou seuntjie se bors probleme word as gevolg van erge refluks veroorsaak word.Hy moet deur 'n pediatriese pulmonoloog ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.