Childhood Diseases

Question
Posted by: Vi | 2010/11/28

Q.

Roseola?

My 7 mde oue baba het 6 weke gelede masels opgedoen, en was in hospitaal opgeneem en ondersteunend behandel. Als het goed verloop, hy het egter 4 dae gelede met skielike koors begin, wat saam met die sny van sy eerste tand gekom het. Die koors het gebreek en op die 2/3 dag daarna het hy weereens met ''n veluitslag op sy gesig en beentjies begin. Hy is glad nie gepla daardeur nie, en is vriendelik soos gewoonlik. Die kliniese beeld van die uitslag is nie blase nie, maar besliste rooi kolle wat verhewe is ( nou op die arms en bene) Ek vermoed Roseola... enige ander prognose moontlik?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie mooi vraag en baie goed gestel. Dit is altyd moeilik om 'n veluitslag te diagnoseer aangesien ek nie jou kind kan sien nie. Dit is baie selde dat 'n baba van 5 maande egte masels kry. Nou het hy weer 'n uitslag wat verhewe is. Dit klink beslis soos die uitslag van Roseola.Jou baba is glad nie deur die siekte gepla nie wat ook tipies is van die simptome van roseola nadat die uitslag verskyn het.Hy behoort gou weer gesond te wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.