Childhood Diseases

Question
Posted by: nina | 2012/02/01

Q.

reply om 507

ek bied vir haar gereeld melk aan maar sy wil net nie drink. Almal se sy lyk spekvet en gesond so sy is nie te maar of enige iets nie. Sy is nog altyd n klein eter en kan lank gaan tussen voedings, maar moet ek worry omdat sy nie noodwendig vinnig gewig optel nie? en hoe forseer ek haar om meer melk in te neem? ek kan nie haar soliede kosse nog minder maak dan eet sy amper niks!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nie nodig om jou baba te forseer om haar melk te drink nie. Dit lyk wel dat sy heetemal gesond is en ook goed vorder.Sy moet eers haar melk drink voordat sy haar vaste kos eet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: nina | 2012/02/01

Alice, BAIE dankie vir al jou goeie raad! mens worry altyd so oor wat almal se en wat die boeke se maar soos genoem, is my babatjie baie gelukkig en gesond en ja, sy eet soos wat sy honger is. soms sal sy 2 keer drink deur die dag en soms net 1 keer tussen haar pap en purity deur, sy is baie lief vir ha pap asook purity so gelukkig weet ek sy kry vaste stowwe in. En dan drink sy so 2-3 keer deur di nag ook nog so in totaal 3-4 keer se melk inname in n 24h periode. mens worry maar net omdat sy skielik ni baie gewig meer optel ni, maar ja, sy lyk baie gesond en gelukkig!

Reply to nina
Posted by: Alice | 2012/02/01

O - nog iets - ek het ook geborsvoed.

Borsbaba''s leer van kleins af om te eet wat hul nodig het. Nie soos bottelbabas wat bietjie bietjie drink nie.
My baba het elke 3-4 uur melk gekry.
Sy eet wat sy nodig het en nie meer nie.

Almal se melk het ook nie ewe veel voedingstowwe in nie. Ek het gehoor mens moet 20min aan n kant borsvoed 40min in totaal. My baba het gewoonlik tussen 9 en 12 minute gedrink (elke 4 uur) dan wil sy nie meer nie.
Dit was vir haar genoeg. Ek het wel geleer om net uit een bors op n slag te gee en volgende keer die ander een omdat die eerste melk meer water bevat as die wat later kom....

Op 8mnde is sy kleuterskool toe (het bottel geweier) toe het sy 4 keer deur die nag gedrink en omtrent een klein botteltjie purity (heeldag) by die skool geeet,,,, soos ek sê  geen ander vloeistowwe nie.

Ek het geborsvoed tot op 11 maande. Daarna het sy eers regtig begin eet.... en steeds nie baie op n slag nie. En gelukkig kon ek haar toe oorreet om vrugtesap of vars melk uit n bekertjie te drink - dit het later rooibostee geword - sy weier steeds formulemelk!

Hoop jy kan iets gebruik - sterkte

Reply to Alice
Posted by: Alice | 2012/02/01

Nina,

my dogtertjie is nou 18 maande oud en weeg steeds nie 10kg nie..... en sy is lank vir haar ouderdom.
Haar pediater het gesê  sy is n gesonde dogtertjie en ek kan haar meer pasta en aartappels gee, maar sy is ok. Haar gewig is nie n probleem nie. Sy is net fyn gebou. (Al was ek en haar pa lekker vet baba''''s)

Ek sou vir haar vitamienes probeer gee en verder gee jy vir haar kossies wat sy wel eet.
Kinders gaan ook deur fases wat hul minder eet/drink.

As sy gesond is hoef jy nie bekommerd te wees nie. Gaan gesels met n suster by jou naaste kliniek.... hospitaal of sommer by Dischem.
Al probleem is om vir hulle klere te kry want alles is te los! (wel langmouklere)

STERKTE

Reply to Alice

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.