Childhood Diseases

Question
Posted by: Miela | 2012/10/17

Q.

Regtig ernstig raad nodig -Hardlywigheid

Beste Dokter 
Ek is al so moedeloos oor my 3 jarige dogtertjie se hardlywigheid dat ek so emosioneel uitgeput is en regtig nie meer weet watter kant toe!
Dis nou al vanaf geboorte wat sy sukkel hieree en elke keer as ek pediater of huis dokter vir hulp is dit dieselfde ou deuntjie - drink Movicol. tot en met 3 maande gelede was sy op ''n sakkie movicol ''n dag en toe het dit net eenvoudig nie meer gehelp nie. Sy weier ook om dit te doen op die toilet, sy wil net dit doen in ''n doek. Toe die movicol nie meer sy ding doen nie het ek gegaan na ''n Homeopaat wat haar druppels gegee het en gese dat haar peristalis nie reg werk nie. Maar na 2 maande sal dit reg wees.

Ek moes haar uit die creche haal want sy baie gespanne kind volgens die dokter (hieroor stem ek saam want sy was laaste ruk histeries by creche). Die druppels het goed gewerk vir so 3 weke maar daarna was ons weer downhill gewees. ek is toe terug met haar homeopaat toe en die het gese ons moet druppels verminder. Nou ja so gemaak en y kind is die afgelope 2 weke buite haarself.

Sy hou 24uur ''n dag onder vas, kreun en steun van pyn daaronder (so erg dat ek gedog het sy blaasinfeksie, maar pediater het urine getoets en daar niks fout). Dan vra sy vir  ''n doekie en ek sit een aan maar ai dan kom daar skaars ietsie uit. sy eet skaars, (alhoewel sy bottel melk drink - dis die melk vir picky eaters met al die vitamiene), maar ja sy eet vanaf geboorte swak, maar word nou erger. Sy het ook erge ekseem veral op haar rug. Sy wil ook hele tyd op my sit - ek dink dis omdat sy soveel pyn het daaronder.

ek is regtig ''n emosionele wrak op die oomblik want sy het soveel pyn. Ek het die pediater weer gebel - sy antwoord - gee haar movicol. Hoe meer ek probeer verduidelik maar dit het nie meer vir haar gehelp die laaste ruk nie hoe meer is hy kortaf.

Toe bel ek nou weer die Homeopaat - die se ook toe dieselfde - gee haar Movicol en kaplaks word die foon neergesit.

Ek is seker maar oorangstig of iets, maar dit voel vir my niemand wil my kind help nie! ek is al so desperaat dat ek dit sterk oorweeg om haar Groote Schuur Hospitaal toe te vat, maar ek is so bang ek kom daaraan en hulle lag my uit of iets, en kom weer met raad soos....drink dit, eet dit blah blah.....Ja ek weet sy moet vesel pap eet, eet pruime, drink dit, maar sy wil nie eet nie!

Sy is besig om agteruit te gaan, sy wil ook net le en slaap, wil niks doen nie.

Ek huil al die heelddag, en dan word ek so kwaad vir my kind as sy weer begin kreun vd pyn dat ek op haar gil. (maar ek so frutreerde!!)Asb dokter u is op hierdie stadium my laaste raad.

Baie baie dankie sover.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is uiters bekommerd or beide jou en jou dogterjie. Dit is nou dringend nodig om haar probleem so gou soos moonlik op te los. Aangesien sy met hierdie hardlywigheid probleem vanaf geboorte sukkel, is dit moontlik dat sy 'n probleem het met die naam 'Hirschsprung's disease'.'n Ander moontlikhied, aangesien sy ekseem het is dat sy 'n soort melk allergie het. Dit is nodig om so gou soos moontlik haar na 'n pediatriese gastroenteroloog te neem. Die beste sal wees om 'n afspraak by die Rooikruis kinderhospitaal, afdeling Gastroenterologie te maak Tel 0216585111.Miskien nog beter aangesien haar toestand so erg is sal wees om haar na die noodeenheid van hierdie hospitaal te neem

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Tania | 2012/10/17

Ek stem saam met Anon, wat haar dadelik hospitaal toe dat hulle ''n behoorlike ondersoek kan doen of kry ten minste ''n tweede of derde opinie van ''n ander pediater. En jy moet maar gou speel. My maag het ''n paar jaar terug so te se ophou werk en later kon ek ook nie eers meer piepie nie. En glo my, dit is ongelooflik ongemaklik, geen wonder sy wil die heeltyd op jou sit nie.

En dan iets wat wel help vir elke dag se hardlywigheid, is om 2 wortels, 2 beet, 2 seldery en ''n appel om die smaak te verdoesel, te versap (juice) en dit te drink. Glo my, my maag het elke dag klokslag gegaan met die konkoksie drink en dis alles net vrugte en groente. So skaf maar dalk ''n juicer aan as jy nog nie een het nie, maar kom eers by ''n hospitaal uit voor jy iets by die huis probeer. Vir jou en jou kind se gemoedsrus. Sterkte.

Reply to Tania
Posted by: ANON | 2012/10/17

Sjoe, jy sal nie glo hoe my hart na jou uitgaan!
Weet jy, vee jou af aan die kortaf mense, igenoreer hul opmerkings. Vat haar asseblief hospitaal toe en dring daarop aan dat hulle meer doen, soos xtrale, of dalk ''n colonoscopy. Ek self sukkel met dit, en glo my, dit voel of mens by die dood omdraai!! Ek was al ongevalle toe en als, dat ek eintlik vlou word. Daar is ''n kans dat sy ''n vernouing in ''n derm het en almal wil net vir haar movicol gee! hulle moes lankal wakker geskrik het!! Of is net te lui om hul werk deeglig te doen!! Asseblief vat haar! Al is daar niks ernstig nie, maar dan sal jy ook meer gerus wees!

Reply to ANON

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.