Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2011/01/07

Q.

Reflux: 2jaar oud

Naand Dokter, ek glo dat dit goed gaan. My seuntjie van 2 het die afgelope maand herhaaldelik opgegooi al is hy reeds op Nexium behandeling vir reflux. Het hom vandag by die pediater gehad en hy het weer die Barium Swallow toets laat doen en daar is weereens vasgestel dat hy nogsteeds erg reflux het. Die pediater het ons aangeraai om die operasie te laat doen en het ons verwys na die spesialis.

Is dit regtig al uitweg wat daar is om die suur te behandel, om te opereer, en wat sal die newe effekte op die lang duur wees van al die suur wat die slukderm binnegaan. Ons het altyd gedink dis die mangels wat hom laat opgooi, maar sy mangels is op 1 Desember uitgehaal.

Dink dr die operasie is `n goeie idee of is my seuntjie van 2 nog te jonk. Sal Nestargel dalk enigsins bietjie help.

Dankie vir dokter se raad. Groete

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie. Jou seuntjie is maar net twee jaar oud en alhoewel hy nog erge refluks het, is daar nog tyd om te probeer om sy refluks met medisyne te behandel.Nexium is 'n baie goeie middel om die suur te verminder en met gereelde behandeling sal geen skade aan sy slukderm plaasvind nie. Die ander nodige behandeling is 'n middel om die refluks self te stop. Ek sal aanraai dat sy pediater eers Motilium vir minstens 3 tot 6 maande moet voorskryf voordat enige operasie aangeraai word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.