Childhood Diseases

Question
Posted by: Karen | 2012/02/28

Q.

Reflux

My 4maande oue baba het reflux, en ek gee 10mg Altosec vir haar. Ek gaan binnekort terug werk toe, en het stadig begin om Nan AR vir haar te gee(soms so 3voedings n dag) maar borsvoed steeds. Nou na 2 weke se bottel gee, bring sy weer skielik vandag baie melkies op, wat weer woes suur ruik! Sy slaap die afgelope 2 dae weer baie sleg, en slegs met ''n gesukkel (moes selfs nou die aand ''n stropie gee, want sy het so gehuil, ek het gesukkel om haar te bedaar) maar dit het nie gelyk of dit reflux is wat toe gepla het nie... nou my vraag aan u  is sy allergies vir die Nan AR of is dit die reflux wat erger is, en die Altosec wat nie help nie?

Baie dankie
Karen

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar bestaan geen twyfel dat jou baba dogterjie 'n baie erge refluks probleem het.Die NAN AR het ongelukkig geen verskil gemaak nie. Ek stem ook saam dat die Altosec nie help nie want die melk wat sy opbring ruik nog baie suur.Aangesien jy binnekort moet terugkeer werk toe is dit belangrik om hierdie refluks probleem onder beheer te bring.Die beste sal wees om 'n ander middel te gebruik om jou babatjie se maagsuur te verminder, miskien die oorspronklike produk Losec Mups of nog beter 'n nuwe middel Nexium. Dit is nodig om jou pediater weer te raadpleeg in die verband. Die pediater sal miskien ook nog 'n refluks middel wil voorskryf.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.