Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2011/01/09

Q.

Reflux

Middag Dokter, weereens dankie vir die raad en bystand dit word opreg wardeer soos altyd.

Ons het besluit ons sal wag en nie laat opereer nie ons het dit nooit regtig as `n opsie oorweeg nie, dis waarom ek so baie opinies van ander dokters gekry het.

Ons het na ons betroubare GP gegaan en hy het gesê  ek moet nie die operasie eers oorweeg nie, en ek vertrou sy oordeel. Hy het voorgestel ons gee saam met die 10 mg Nexium, en die Motilium stroop ook Zantac Stroop? Sal die Zantac ook nogal help, en kan dr vir my sê  wat sal die dosis vir die Zantac wees vir my 2 jarige seuntjie sou ek dan die Zantac stroop ook gee.
My GP is ongelukkig op verlof en kan nie vir my die dosis deurgee nie omdat hy nie seker is nie, en die apteker sê  die papiere sê  niks van kinders nie. My seuntjie weeg 12.6kg.

Ek sal wardeer as dr my kan help. Asseblief...

Groete

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie.Dit is nie nodig om ook Zantac saam met die Nexium te gee nie. Nexium is 'n baie meer effektiewe middel as Zantac om maagsuur te verminder. Nexium en Motilium is die regte kombinasie vir die behandeling van jou seuntjie se refluks.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: seediaVer | 2011/01/22

Reply to seediaVer

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.