Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2010/11/04

Q.

Reflux

Middag Dokter,

Ek het graag dr se raad en opinie nodig rakende my seuntjie van 22 maande. Hy het van 3 maande af al reflux en het dit steeds. Hy gebruik tans Nexium 10mg eenkeer `n dag van Januarie af. Dit het baie goed gegaan en hy het mooi gewig begin optel, maar die afgelope 3 maande begin hy weer gereeld opgooi, hhy het gister sy maag 2 keer leeg opgegooi. Oorvoed ek dalk my kind of het hy `n ernstige probleem waarvan ek nie bewus is nie, dit is vir my baie kommerwekkend. Hy herstel nog van laas week se mangelontsteking, kan die geswelde mangels hom dalk naar maak? Of die Sinus drip?

My seuntjie se pa is op 3 jarige ouderdom gediagnoseer met `n koartasie van die aorta, en my skoonma bly my bangpraat dat sy pa ook so aanhoudend opgegooi het. Ons het vir my seuntjie se pediater gevra by elke check up om daarvoor op die uitkyk te wees en hy sê  hy hoor niks verkeerd nie.

Hoe kan ons my kind behandel dat hy asb minder moet opgooi, hy weeg tans 11.3 kg en is 86cm lank.

Jammer vir die lang beskrywing, maar ek hoop van harte dat dr my raad kan gee.

Dankie dokter

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Eerstens die goeie nuus. Jou seuntjie se lengte is bo gemiddeld vir sy ouderdom en sy gewig is presies op die gemiddeld.Ek vermoed dat sy onlangse mangelontsteking die rede was dat so erg opgegooi het. Dit is een van die belangrikste simptome van mangelonsteking in kinders van hierdie ouderdom.'n Groot deel van sy probleem is sy refluks wat nog erg pla. Hy gebruik Nexiam om sy maagsuur te verminder en ek sal aanraai dat hy boonop ook Motilium moet gebruik om die refluks self te verminder.Koarktasie van die aorta kom baie selde voor en ek is seker dat jou seun se pediater hom goed ondersoek het vir enige tekens van hierdie probleem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.