Childhood Diseases

Question
Posted by: Anneke | 2009/03/12

Q.

Refluks, maag, moeilike slaper.

Mindi, is 4 maande oud. Is tans op novalac AR 1 vir die refluks probleem (reeds nou al amper 2maande ingebruik). Sy het nou die laaste tyd baie ongemak, het nou al die melk verdun en die hoeveelheid van 150ml terug na 100ml of 120ml met 3 scoops melk (1 scoop = 30ml water) verminder en hou dit nou al vir 2 weke vol - het ook die grotte van die tiet verander na ' n small. Sy het minder refluks, maar is nog steeds baie onstuimig en wonder of die melk regtig met haar akkodeer. Haar stoele is los, kleur is ligte mostert kleur en soms ook met donkerder groen in, maar is baie baie slymerig. Die wit stukke in die stoel is ook baie en soms grotter as normaal? Wat kan die probleem wees, dit is haar 5de melk vanaf ek met ouderdom van 1 maand borsvoeding gestaak het. Was op S26, Pelergon, Nan1, en Soja. Daar is allergie in die familie en haar ouer broer en suster is ook allergies en kronies op deselex, alhoewel hulle nie probleem met Nan gehad het en ook nie refluks gehadhet.
Mindi is tans verkouerig, nog geen antibiotika op die stadium, en het hoe koors, 39.4 - en na die gebruik van setpille oor 4-5ure is die koors weer terug, kan dit wees dat sy erger raak met verkoue en dalk weer pediater toe gaan.
My vraag is net, kan die melk na so lank nie meer saamstem met haar en kan ek terugval na Nan (nog steeds net die hoeveelheid min hou), en haar ' n week kans gee en kyk hoe dit gaan met refluks en die maag (kriewelrigheid).
Net vir inligting: Sy was maar klein met geboorte, 2.626kg op 38weke met ' n keiser onder algemene narkose - het baie vrugwater gesluk en moes 2 -3 keer na geboorte die maag spoel vir te veel slym in die lugwee wat haar konstant naer gemaak het.
Gee asb raad, baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Eerstens lyk dit vir my of die Novalac AR nie met jou baba akkodeer nie. Probeer liewers NAN HA 1. Haar refluks moet op 'n ander manier behandel word want dit is die oorsaak van haar simptome. Raadpleeg haar pediater om hierdie refluks probleem te behandel.
Gebruik Salex neusdruppels soggens en saans om haar neus oop te maak en gebruik Calpol of Panado vir enige koors.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Tasja | 2009/03/14

My seuntjie het ook refluks gehad,hys 3.5 jaar,sukkel steeds met slukkery om kos en vliestof a f tehou.Daar is n Barium Sluktoets wat gedoen word om te kyk of die maagkleppi werk ens.Hul sluk sulke wit goed in,en terselfde tyd neem hul x-trale.Dan is daar ander manier ook,maar moet dan oornag in hospitaal,waar hul pype in nues druk om te kyk hoe baioe en hoe gereeld die melk opkom.My seuntjie was opNan Lactose free tot 1 jaar.Daars is n pilletjie wat mens gee vir die refluks,druk dit fyn en gee vi baba,Daars ook Motillium stroop vir die baba,laat die maaginhoud vinniger leeg raak,dat daar nie so baie en lank sukkel nie.Dis gewoonlik die refluks wat die rusteloosheid veroorsaa,want die melk wat opkom veroorsaak sooibrand en dis mos baie pynlik vir die kleintjie.My seuntjie het baie gehuil.Anyway Gaviscon kan help,maar dit maak die melk dik,en het my seuntjie nog meer gesukkel om sy melk af te hou.Hyt silent reflux gehad waar die melk tot net bo-in keel kom,maar nie heeltemal uit nie.Peadiater het gese as dit teen 9 mnde nie weg is nie,sal hy dit nie ontgroei nie.So,hy het dit steeds.
Probeer jou kleintjie n halfuur na gedrink het regop hou ,en lig haar kussing dat sy hoer le!Dit help alles.Maar genade eks bly daai tyd is verby,mens worry jou dood oor die babas

Reply to Tasja
Posted by: Anneke | 2009/03/13

Dankie vir terugvoering, sou die AR dan nie akkodeer nie, kan ons dan eerder die AR Digest probeer en ek haal aan, Novalac AR digest is an innovative infant food with a double action against regurgitation. Novalac AR Digest have a pre-thickended formula and it is easier to be digested. It is a food for special medical purposes in case of infant regurgitation from 0 - 12 months and should be use on medical advice. Is daar ' n manier wat ' n mens ' n sonar kan doen om vas te stel of dit regtig die refluks is en of daar iets onderliggens is - ek raak bekommerd oor die klompe melke en sal graag die probleem hok slaan. Weet dok of daar genoegsame studies beskikbaar is op die simptome van die novalac reeks - ek sal graag meer inligting wil he.
Sal gewone gaviscon help vir die refluks om sommer na etes te gee? (op die ouderdom is ek bang vir medisyne moet erge newe effekte omdat hul nog so klein is en nog baie moet ontwikkel).
Kan ek begin met vaste kos soos pap om haar dan eerder so gou moontlik van die melk af te kry?
Dankie vir die tyd en moeite.

Reply to Anneke

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.