Childhood Diseases

Question
Posted by: AVS | 2013/01/31

Q.

Refluks

My seuntjie is op 3 maande met blaas refluks gediagnoseer. Hy was op antibiotika en op 2 jaar het ons getoets en is bevind hy''t dit ontgroei. My probleem is hy word nou 6 en het nog nooit ''n droë  nag gehad nie. Hy sal selfs tydens ''n 2 uur middagslapie hom nat maak al het hy voor die tyd toilet toe gegaan. Hy word nie wakker as hy piepie nie en as ons hom in nag vat weier hy om te piepie. Kan daar fout wees oor hy kleintyd probleme gehad het?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem van kinders van 6 jaar wat hulle bed nat maak kom baie dikwels voor. Dit word enurese (Eng. 'enuresis' genoem. Dit is moontlik dat jou seun se enurese iets te doen het met die hoof klep van sy blaas maar het niks te doen met sy oorspronklike blaas refluks. Die beste sal wees dat hy of deur 'n pediatriese uroloog of 'n pediatriese nefroloog ondersoek en behandel moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.