Childhood Diseases

Question
Posted by: Lois Uys | 2011/06/20

Q.

REFLUKS

Dagsê  dr. My kleinkind is nou ses maande oud en eet pap in die oggend, groente in die middag en pap in die aand. As sy soggens wakker word kry sy ''n formule bottel so ook middeloggend, middelmiddag en saans as sy gaan slaap. Sy drink ook rooibos tee en verdunde vrugtesappies.Die mamma borsvoed nie. Vanaf geboorte was sy op S26 waarna ons haar op NAN AR gesit het aangesien dit voorkom asof sy ''n refluks probleem het. Sy bring geen van die vaste kossies wat sy kry op nie, maar elke keer as sy formule melk gedrink het, kom daar altyd min of meer die hefte uit. Ons het infasoy, isomil, NAN HR2 probeer. Tans gebruik ons Lactogen 2 met prebiotics. Sy bring nog die melk op maar nie soveel nie. Is daar dalk ''n ander formule melk wat ons kan probeer en wanneer sal die kleppie normaal ontwikkel wees? Dit moet baie ongemaklik vir die kleinding wees om so te braak! Baie dankie dr.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit kan 'n redelik lank tyd, tot 18 maande of langer neem, voordat 'n baba se refluks verdwyn.Jou baba kleinkind vorder beter op die Lactogen2. Geen ander formule het gehelp nie,veral die NAN AR wat spesifiek vir refluks in babas bedoel is.Ek sal aanraai dat sy geen vrugtesap drink nie.Dit sal beter wees as sy ook Losec gebruik om die suur in haar maag te verminder.Vra vir haar pediater om haar te behandel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.