Childhood Diseases

Question
Posted by: LZ | 2009/11/08

Q.

Refluks

Dokter het genoem dat my babaseuntjie se refluks sy slaapprobleme veroorsaak. Hy is al 8 mnde op Nexiam. Is daar iets anders wat ons moet probeer? Hy het ook gegaan vir Barium sluk en als was normaal. Hy refluks sy kos ook. Is dit die vaste kos wat nou die probleem vererger het?Ek het al gehoor van " silent reflux" . Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba seuntjie het definitief nog 'n baie groot probleem met refluks al gebruik hy die Nexium. Dit verminder die suur in sy maag maar die refluks gaan voort. Die barium sluk is die verkeerde manier om refluks te diagnoseer. Dit is baie nodig om 'n pediatriese pulmonoloog te raadpleeg. Daar is spesialiste in al die groot stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: LZ | 2009/11/15

Dankie vir jou raad. Ek het afspraak gekry by spesialis en is baie positief om te gaan. My arme kind is nou al so moeg. Hy slaap glad nie en gil elke keer wanneer hy wakker word. Ek sal jou op hoogte hou van die probleem. Nogmaals dankie.

Reply to LZ
Posted by: self gesukkel | 2009/11/10

Hoop jy lees my reply.. ek het ' n seuntjie,nou 3 jaar oud.Vandat ek kan onthou het ons gesukkel met reflax.Hy het net eenvoudig nooit sy melk ingehou nie.Ons het vir 3 jaar gesukkel met ore (hy het al 4 stelle gromets gehad),gereeld in die hospitaal beland met longontsteking.Die dokters het aanvanklik gese hy het ' n reflax,sowel as allergie vir suiwel,eiers en gis.Hy was 14 September vir ' n Lap Nissen.' n operasie om die spasie tussen die maag en die slukderm te vernou.dit help dat die suur nie opstoot nie.Dit was so erg dat hy selfs gereflax het as hy net water drink.Die reflax het veroorsaak dat suur opstoot na sy longe wat longontsteking veroorsaak en sowel oorontsteking.Hulle het op 7 maande al uitgevind hy sukkel met reflax,en i.p.v om die operasie voor te stel is my arme kind deur 3 jaar se onnodige pyn gesit.Hy was 8 keer in teater.Gromets,mangels,adenoids,broncoskopies,gastroskopies.As ek raad kan gee,vat jou seuntjie so gou moontlik na die regte spesialis.Die operasie is gedoen en vandag,2 mnde later eet hy suiwel produkte of dit uit die mode gaan,of hy werklik allergies was en vir 3 jaar dalk onnodig daarvan weggehou is,weet ons nie. STERKTE!!

Reply to self gesukkel

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.