Childhood Diseases

Question
Posted by: Rosemary | 2012/01/17

Q.

RE: Ryspap en allergiese reaksie

Beste Dokter,
Baie dankie vir u spoedige terugvoering. Ek skakel nou alle suiwel, wheat, eiers, neute en soy uit my dieet so is dit dus nodig om steeds die Zyrtec vir hom te gee? Indien hy wel allergies is vir die koeimelk protiene, is dit iets wat hy later sal ontgroei en ongeveer teen wanneer? Ek sal graag wil vasstel waarvoor hy allergies is maar die pediater wat die bloedtoetse laat doen het, het eenvoudig net gese ons sal die toets op 6 maande kan herhaal maar geen alternatief gebied nie so ek het nogsteeds nie uitsluitsel oor wat presies hy allergies voor is nie. Is daar ''n Pediatriese Allergis in die Kaap of waar kan ek begin om een op te spoor? Ek het nie eers geweet jy kry so iets nie, so baie dankie vir die goeie raad! Oor die " baba taal" : Ons het sy gehoor in die hospitaal laat toets en was normaal so ek''s seker dis net ''n fase waardeur hy gaan. Baie dankie weereens, ek waardeer dit!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is net nodig om melk en suiwel, neute en eiers uit jou dieet te skakel.Dit is ook belangrik om 'n kalsium aanvulling elke dag te neem veral omdat jy aanhou om jou baba te borsvoed. Hou aan om wheat en soy te eet.Dit is nie nodig om aan te hou om elke dag Zyrtec vir jou baba te gee nie aangesien hy tans op 'n veilige dieet is. Dit is uiters belangrik dat hy geen koeimelk of suiwel drink of eet nie.Die toetse moet binnekort herhaal word. Jou baba kan ondersoek en getoets word deur 'n pediatriese allergis by die UK Allergie Kliniek [tel 021 4066889]
Dit hang af van die voedsel/s waarvoor jou baba allergies is of hy hierdie probleem redelik gou sal ontgroei of nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.