Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2010-09-20

Q.

RE  Question 854

Middag dr,

Dankie vir dr se antwoord op my vraag. Ek het hom vrydag vir die voedsel allergie toets gevat (Fx5) op aandrang van sy pediater. Die uitslag wys hy is in `n hoë  risiko grondboon allergis en moet ten alle tye weg bly van grondboon bevattende produkte. Beteken dit dan alles soos neute ook. Ek is verward, en ek kan nie regtig die pediater vra nie hy is vir 2 weke op verlof. Dr het ook voorgestel ek kry Zyrtec stroop sal dit dadelik werk as hy dan nou `n hewige reaksie sal ontwikkel op die peanuts/nuts. Sal hy die allergie ontgroei. Ek het wel een van die mooiste kindertjies op aarde maar nie een van die maklikstes nie aangesien hy ook nog steeds ekseem en reflux het. Miskien hardloop dit nog hand aan hand met die alllergie.
Kan dr asb `n pediater allergis spesialis in die oos-rand area aanbeveel.

Weereens dankie, dit word opreg wardeer
Groete

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek sal die laaste deel van jou vraag eerste beantwoord: Dr Corli Gravett in Boksburg.
Jou seuntjie is erg allergies vir peanut en dit kan baie gevaarlik wees dus is dit nodig dat hy 'n pediatriese allergis moet raadpleeg vir al die nodige inligting en ook 'n besluit of hy 'n Epipen nodig het vir enige skielike allergiese aanval.Hy is nie noodwendig allergies vir alle neute nie, maar dit is beter en veiliger om alle neute te vermy. Zyrtec stroop begin binne 10 minute te werk en is baie veilig maar Dr Gravett sal moet besluit of hy ook 'n Epipen nodig het. Hy hetaar net 'n 20% kans om sy peanut allergie te ontgroei en hy moet jaarliks getoets word om te bepaal of hy dit ontgroei of nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.