Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2010/09/21

Q.

Re: 884 Peanut Allergie

Goeiedag Dr,

Jammer om so konstant te pla, maar hierdie peanut allergie het ons nogal ontkant gevang. Ons pediater is steeds weg met verlof vir nog `n verdere week. Ek het wel by dr Corli Gravett `n afspraak gemaak maar sy kan my eers oor 3 weke sien. Ek wil net graag weet hoe word bepaal of hy wel `n Epi Pen sal benodig, en kan dr asb vir my sê  wat is die verskil tussen Zyrtec stroop en Celestamine stroop. Ek sal graag die beste medisyne by die huis wil aanhou aangesien ons op `n plaas bly en die naaste hospitaal is so 45 minute weg van ons.
Sal ek Celestamine of Zyrtec sonder `n voorskrif kan bekom?

Jammer oor al die vrae, ek dink dr gaan nog baie van ons hoor aangesien ek een van die mammas is wat liewer te veel wil weet as te min!!
Weereens dankie...

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is bly dat jy 'n afspraak gereel het met Dr Gravett. Alles sal afhang van die uitslae van die toetse wat al gedoen is en sy sal ook 'n nuwe toets wil doen om te bepaal hoe erg is jou sentjie se peanut allergie.Die naam van hierdie toets is die Ara H2 toets. Zyrtec is die veiligste antihistamien om te gebruik maar 'n voorskrif is nodig.Dit begin binne 10 minute te werk. Celestamine is 'n sterk kortisoon en word noe aanbeveel vir peanut allergie nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.