Childhood Diseases

Question
Posted by: Michie | 2009/10/23

Q.

Re 1990

My baba is nou 17weke. Ek het uitsluitlik geborsvoed en is nou terug by die werk. Ek voed haar soggens voor werk en so 9h eet sy rys papies. Een uur is ek tuis vir voeding. En dan half vyf is ek weer tuis. Kan ek dan nou groentetjies gee vir so 3h se kant? Sy wil glad nie die bottel vat nie. Kry sy nog genoeg melkies?? Help asb. Moet ek dalk formule probeer? Eks besig om gek te raak, gee asb raad. Baie, baie dankie
Sy het by geboorte 3.39 geweeg en was die 5de Okt 6.4kg, dit was voor ek die ryspapies begin gee het. Ek weet nie wat sy nou weeg nie..........Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba se gewig is net waar dit moet wees en daar is geen rede vir enige kommer nie. Hou aan om haar te borsvoed aangesien sy glad nie haar bottel wil drink nie. Sy kan met vaste kos nou begin. Sy is op die regte pap. Sy kan groente nou begin eet in die middag en saans en ook appel of peer eet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.