Childhood Diseases

Question
Posted by: Baie bekommerd | 2012-07-24

Q.

Raad op

Hallo Prof,

Ek het Prof se raad baie dringend nodig. Ek is baie deurmekaar en leen my ore te veel uit... Ek weet nie meer wat om te doen / nie te doen as dit kom by my seuntjie van 2,5 jaar oud nie. Sy neusie het begin loop oor die naweek en hy het ''n hoesie... Wat moet ek doen?? Moet ek vir hom iets gee om die neus op te droog? Moet ek vir hom hoesstroop gee? Hy klink lekker verkoue? Party Dokters se los die neus dat hy loop, ander se weer nee..? Ek weet nie meer wie of wat om te glo nie... Party Mammas se ek moet vir hom Deselex gee. Ek lees in die Baba en Kleuter dat Coryx en Mucospect goed saam werk, want dit help sommer vir als, maar ek ken glad nie Coryx nie en toe hy verlede Winter Mucospect gedrink het, het sy hoes vir my amper erger geraak. Hoe weet ek wanneer ek regtig moet begin bekommerd raak en hom Dokter toe vat. Wil hom nie onnodiglik op antibiotika sit nie, maar is bang as ek hom net los dat hy dalk sieker mag word. Hy is ook nou vir die eerste keer in ''n kleuterskool, so ek vermoed tussen die koue-weer en ander kinders het hy siek geraak.

Asb. help my, ek is raad op.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou seuntjie tans 'n RS virus onsteking het. Hierdie virus is geneig om hierdie simptome van 'n verkoue met 'n loopneus en ook 'n borsontsteking te veroorsaak. Antibiotikas is nie nodig nie aangesien hierdie 'n virus ontsteking is. Coryx word nie aanbeveel nie omdat dit pseudoephedrine bevat.Al wat nodig is om jou seuntjie se neus oop te hou deur om Sterimar neusspuit soggens en saans te gebruik.Mucospect sal ook help om die slym in sy borsie te verdun.Hierdie siekte behoort na 7 tot 10 dae op te klaar.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Dante | 2012-08-04

So Duran likes $50 a month coverage for a 64 year-old with medacil condition as say opposed to my $500 a month for a relative low-value Anthem Blue Cross policy for a younger person? Who could have guessed?

Reply to Dante

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.