Childhood Diseases

Question
Posted by: MaMa Mia | 2009-09-23

Q.

RAAD DRINGEND AUB!!

My dogter bly in Engeland en het ' n baba seuntjie van 17 maande. As gevolg van fiinansië le omstandighede is sy verplig om ook te werk.

Werk in Engeland is op hierdie stadium net so skaars soos hierby ons in SA en het sy gekwalifiseer as ' n " Child Minder"  en versorg 3 ander kinders bedags - ouderdomme wissel van 7 maande tot 4 jaar.

Haar seuntjie hou egter nie daarvan om haar te deel nie, hou nie daarvan om sy speelgoed te deel nie en is die hele tyd huilerig en buierig. Dit het ' n baie negatiewe uitwerking op my dogter - sy is ontsettend moeg en depresief en voel ek ook teen hierdie tyd moedeloos want raad het ek ook nie meer nie, en is ek baie bekommerd oor haar geeselike welsyn.

Indien dit nie moontlik is om haar van raad te voorsien hoe om die situasie te hanteer nie, kan jy my asseblief verwys na enigiemand anders wat met haar kan korrespondeer en haar kan bystaan?

DRINGENDE RAAD SAL WAARDEER WORD.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wanner jou kleinseun nie sy speelgoed met ander kinders wil deel nie is dit net as gevolg van sy ouderdom.Hy sal later leer om sy speelgoed te deel. Dit is normaal. Intussen moet jou dogter hom probeer aanmoedig en probeer om hom te leer om van sy speelgoed te deel. Hy kan van sy gunsteling speelgoed wegsteek voordat die ander kinders elke dag opdaag.Jou dogter moet sorg dat al die kinders elke dag op een of ander taak moet saamwerk bv teken of iets bou ens. Sy moet ook sorg om elke dag met jou kleinseun te speel of te stap of iets te doen wannneer hulle twee weer alleen is.Elke aand moet sy of sy pa vir hom lees wanneer hy in die bed ingeklim het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.