Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2009/10/26

Q.

raad asb dokter

My seuntjie was 14 september vir ' n Lap Nissen operasie.Alles het goed afgeloop,en die 5 snytjies wat hulle geheg het met gom het pragtig gesond geraak.Alhoewel ek gister gesien het hy het ' n knoppie langs sy naeltjie wat effens rooierig voorkom,en as ek daarop druk dan kla hy dit is seer.Kan dit moonlik ' n breuk wees,en indien wel,hoe sal hulle dit kan herstel? Ek het vanoggend gekyk toe hy nog le, lyk dit of hy kleiner is,maar na ' n rukkie weer opgeswel.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek glo nie dat hierdie swelsel 'n breuk is nie.Dit is miskien as gevolg van 'n oplosbare steek wat in een van die lae gedurende die operasie ingesit is. Dit behoort heeltemal vanself te verdwyn. Indien hierdie swelsel volgende week nog daar is, sal die beste wees om die chirurg te vra om jou seuntjie weer te sien.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.