Childhood Diseases

Question
Posted by: Lu | 2012/07/09

Q.

Pyne

More Prof.

Ek het al vantevore gevra hieroor en my kinders se pediater het dieselfde gese maar ek bly wonder.....

My 2jarige seuntjie kla oor been (by die knieg) en voet (bo-op voete) pyne in die nag as hy slaap. Nie elke aand nie maar ten minste 1keer ''n week of so. Prof en ons Pead. het al gese hy is te jonk vir groeipyne maar wat kan dit dan wees.

Die laaste keer wat ek hom by die pead gehad het vir mangelontsteking het hy ook daarvan gekla en die pead het gese kinders kan kla van pyn op ander dele van hulle liggaam as hulle byvoorbeeld mangelontsteking of ander infeksies het ens.

Hoe kan ek seker wees dis nie iets meer ernstig nie?

Hy is 2jaar 2mnde, weeg 15kg, eet amper nooit in die aand of oor naweke nie maar eet goed ontbyt en middag ete by die skool. Hulle kry nie lekkers en deur die week nie maar wil nie regtig eet by die huis nie, maar tog is hy baie lief vir vrugte ens

Kan die pyne dalk ''n te kort aan groente wees byvoorbeeld?

U raad word altyd opreg waardeer!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Al is jou seuntjie maar net 2 jaar oud is sy simptome beslis die van groeipyne, Hopelik sal hy hierdie stadium gou ontgroei. Ek is seker dat sy pediater enige ander moontlike rede vir sy klagtes uitgesluit het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Annie | 2012/07/10

Jare gelede het my boetie altyd gekla van pyne in sy heup. Veral as almal moeg gespeel was en dit was tyd om op te ruim.
My ma het dit sommer afgemaak as groeipyne. GP''s ook.

Toe hy 7 was het sy been presies daar gebreek. Toe daar toe plate geneem word het hulle uitgevind daar was n swak plek in sy been en as hulle betyds geweet het kon hulle hom inspuitings gegee het om die been sterker te maak - maar hy het toe n plaat en skroewe gekry.
Dit was egter n baie unieke geval. Die spesialis het destyds gesê  dis een uit hoeveel miljoen mense en die plek waar syne was was so uniek dat hulle selfs toestemming gevra het om sy plate by die universiteit vir opleiding te gebruik.

As jy regtig bekommerd is (en soms werk n ma se instink die beste) kan jy altyd laat xstrale neem en kyk of iemand iets sien?

Reply to Annie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.