Childhood Diseases

Question
Posted by: Lo-Mari | 2011-07-04

Q.

Pulmicort &  Duolin

Hi daar dokter,

Het mens n voorskrif nodig vir Pulmicort &  Duolin? My 7 maande oue baba hoes in die aande vreeslik en was 3 weke gelede op die medikasie en het daardie tyd baie gehelp, maar nou het sy weer begin hoes en mens kan die slym in die borsie hoor. Sy gooi met tye op en dan kom van die slym uit.
Kan ek weer Pulmicort &  Duolin gebruik en sonder voorskrif by die apteek kry? Of dink jy ek moet haar eerder vat vir bors x-strale? Sy was in April in die hospitaal met brongiolitus, ek''s net bang sy moet weer gaan. Sy is in n kleuterskool.
Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag en al die nodige inligting is ingesluit.Dit is nodig om 'n voorskrif te kry vir die Pulmicort en Duolin.Ek vermoed dat sy weer 'n brongiolitis onsteking het. Hierdie siekte is gewoonlik as gevolg van 'n RS virus onsteking en babas kan herhaalde ontstekings met hierdie virus kry.Dit is veral waneer hulle 'n kleuterskool bywoon.Dit is nie nodig om X-strale te neem nie.Dit is belangrik om haar neusie oop te hou deur om Salex neusdruppels soggens en saans te gebruik. Vra vir die pediater om 'n voorskrif vir Duolin. Dit word soggens en saans in die nebuliseerder gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.