Childhood Diseases

Question
Posted by: Roos | 2009/05/04

Q.

Prof was reg! Seun het reflux.

Ek verwys na inskrywing 1028 &  1706 waar Prof vermoed het my 15mde seuntjie bly siek agv die feit dat hy reflux het. Ek het intussen na ' n ander pediater toe gegaan wat hom dadelik weer opgeneem het in die hospitaal. Hy het ' n PH toets op seuntjie gedoen (en ' n klom ander toetse!) en bevind dat hy 110 keer ge-reflux het in 17 uur. Prof was dus reg! Ons gooi tans net goed in sy melk om dik te maak en wag nog vir kroniese medisyne goedkeuring vir Nexium, ens - en klaar is hy ' n ander kind! Ek het vandag van die pediater verneem dat seuntjie ook ' Selective Immune Deficiency'  het, wat ook bepaal hoekom hy so maklik siek word. Wou net vir Prof dankie gesê  het vir raad. Prof se diagnose oor ' n forum was 100%!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie vir die terug voer. Ek waardeer dit baie en ek is bly dat ek kon help.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.