Childhood Diseases

Question
Posted by: Desperate mom | 2010/09/13

Q.

Pott

Hallo Dok,

Ek is regtig raadop, My seuntjie is 4en half jaar oud. Hy weier absoluut om die toilet/potjie vir nr 2 te gebruik. Sit jy nie vir hom ''''n doek aan nie, hou hy dit terug of wag dan vir sy aand doek. Ons het al als probeer, beloftes, skelle ens. maar hy weier net eenvoudig. Ek het nou maar gedink om vir hom ''''n sagte lakseer middel te gee gedurende die dag net om hom te dwing om toilet toe te gaan? Sê  my asb as dit ''''n slegte idee is? ek het gedink om Iberogast te gee en snags vir hom ''''n lap doek aan te sit. Hy moet net verstaan daar is nie meer doeke vir hom beskikbaar nie. Laat weet my asb wat u dink.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Voordat jy enigiets probeer moet jy jou seuntjie 'n vakansie gee wat heeltemal vry is van enige woord soos 'potties', toilet ens. Nie een woord nie! Na 2 weke begin weer, eers met 'n sterrekaart. Indien hy die toilet gebruik kry hy een goue ster. Nadat hy 3 sterre gekry het kry hy 'n klein present. Daarna is dit 4 sterre, dan 5 ens totdat hy gereeld die toilet gebruik. Indien hierdie metode nie werk nie kan jy wel 'n lakseermeddel soos Duphalac 10ml per dag vir 14 dae gebruik om te sien of dit sal help.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.