Childhood Diseases

Question
Posted by: Blanche | 2008/07/24

Q.

Pegicol

Hi Dok

Ek het my seuntjie gevat na ' n gastroentorologist omdat hy permanent hardlywig is, nadat hulle plate geneem is, is gevind dat sy buik heeltemal geimpakteer is, asook ' n deel van sy dikderm Pegicol is voorgeskryf. (hy is tans op 8 pakkies ' n dag) om die harde impaksie uit te kry. Na 3 dae van baie diaree - of soos hulle sê  vloeistof wat uitgekom het, het daar wel ' n klein solide stukkie uitgekom, maar volgens die Dr. moet die hele harde impaksie uitkom. Blykbaar is dit tans net vloeistof wat uitgedruk word rondom die harde impaksie. Maar volgens die dr. moet die harde gedeelte ook uitkom - wat blykbaar baie seer gaan wees as dit wel uitkom. Wat ek nou wil weet, is dit nie moontlik dat die harde impaksie al kon opgelos het en dat wat nog oor is, wel uitgekom het sonder dat ons dit besef het. Ons sit nou in spanning en was dat die harde impaksie uitgeskei word, en niks gebeur. Nou het die Dr. sy dosis pegicol verhoog. Indien daar nog niks teen Sat. gebeur nie, moet ekk vir hom Senokot mondelings ingee (wat sy voorgeskryf het) Ek is net bang dat die impaksie al lankal uit is - en ons bly sy dosis vermeerder en dalk is hy nie meer geimpakteer nie. Die Dr. het ' n vingertoets gedoen en kon geen opstruksie voel nie. Maar die Dr. sê  dat die obstruksie dalk hoë r op lê  in die dikderm.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit lyk wel sof die harde stoelgang nog nie uitgekom het nie en net die vloeistof rondom dit loop heeltyd uit. In my opinie sal dit niks help om die dosis van die Pegicol te verhoog nie en dan nogal Senakot te gee nie voordat daar sekerheid is wat hier gebeur. Vra vir jou pediater om jou seuntjie weer te ondersoek en te besluit of hy nog well impaksie het of nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.