Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012/11/19

Q.

Pediasure

Prof, ons 17 maande oue dogtertjie eet vreeslik sleg die laaste 2 weke, het (weereens) oorontsteking gehad, was op antibiotika tot Vry. Sat en Sondag oggend wou sy glad nie oggend slapie doen nie, dan teen half 12 wou sy net tee bottel he en geslaap (sonder middag etes) vir so 2-3 ure. Kry net soggens en saans pap en yogart in. Wil niks verder eet. Sy word ook ewe skielik teen 6h soggens wakker (normaalweg maak ons haar so kwart voor 7 wakker). Weet nie of sy honger is en of sy besig is om oogtande te sny, kou haar dummy vreeslik! Ek baie bekommerd om oggend slapie nou weg te vat en dan is sy te moeg om middae te eet! Kan ek vir haar saans Pediasure gee in haar slaapbottel? Of is dit n stadium waardeur sy gaan? Moet ek haar dwing om nog oggend slapie te doen? Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is 'n paar moontlike redes vir jou dogtertjie se slegte eetlus en die feit dat sy nie in die oggend wil slaap nie. Ek vermoed dat haar tandekry beslis een rede is. Boonop het sy onlangs 'n ooronsteking gehad. Dit is moontlik dat hierdie oorontsteking nog nie genees is nie.Die beste sal wees om haar pediater te vra om haar weer te ondersoek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.