Childhood Diseases

Question
Posted by: Miqs | 2011/01/20

Q.

Passing stools

My meisiekind is nou 18 maande en van omtrent 6 maande oud sukkel sy met haar steolgang. As haar magie wil gan dan huil sy verskriklik. Ek het haar al by verskeie pediaters gehad en sy was al by ''n pediatriese gastroenteroloog wat haar anus spiertjie gerek het en ''n biopsie gedoen het waarop hy niks vout kon vind nie. Ek is raadop want dit wil net weg gaan nie, sy drink elke 2 dag pegicol mar ek wil haar nie vir altyd daarop hou nie :( Het iemand dalk raad oor wat ek nog kan doen vir haar?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is seker dat jy klaar al die gewone dinge gedoen het,bv die regte dieet vir 'n kind wat baie hardlywig is probeer.Pegicol behoort veilig te wees, maar ek kan verstaan dat jy bekommerd is om lang termyn hierdie medisyne vir jou dogtertjie te gee.Probeer om melk en alle suiwel produkte vir drie dae te vermy en sien of dit enige verskil maak.Indien dit wel help sal dit nodig wees om aan te hou om hierdie voedsel te vermy. Vrugte is baie belangrik in haar dieet maar geen piesangs nie.Die beste sal wees om 'n dieetkundige te raadpleeg in verband met jou dogter se probleem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.