Childhood Diseases

Question
Posted by: jenn | 2010/09/29

Q.

Pasgebore baba kreun baie

Hallo Dok
My tweede seun is op 36 weke gebore dmv ''n keiser as gevolg van ''n groei vertraging. Hy was baie sterk en gesond en kon na 4 dae huistoe gaan. Ons het hom net gereeld gevat vir geelsug toetse wat nou opgeklaar het. Hy is nou twee weke oud.
Borsvoeding gaan baie goed aan. My probleem egter is dat hy verskriklik kreun en steun as hy slaap en as hy klaar gedrink het en ek vryf sy winde uit dan klink dit of hy baie swaar kry en hy klim teen my skouer uit of trap met sy beentjies teen my lyf vas asof hy pyn het. Hy het nog nie regtig gehuil nie want ek weet al wanneer hy honger is en voer hom dan dadelik. Ek weet dus nie of hy enigsins pyn het nie want hy kreun vreeslik maar huil nooit nie. Wat kan die oorsaak daarvan wees? My eersteling het ook so gekreun maar nie so erg nie. Hy sal kort kort in sy slaap deur die dag kreun maar nooit wakker word nie. Hy kreun ook nie so in die aandslaap nie. Slegs bedags.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is twee moontlike redes vir jou baba seuntjie se gedrag. Eerstens is dit moontlik dat hy 'n probleem het as gevolg van refluks met sooibrand.'n Tweede moontlike rede is koliek.Aangesien dat hy nog 'n pasgebore baba is sal die beste wees om sy pediter te vra om hom te ondersoek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: Anver | 2013/08/17

Hi my suster se pasgebore baba het geelsig en hy slaap baie,die dokter het gese hy mag nie so baie slaap nie is daar dalk iets fout met hom.dankie

Reply to Anver
Posted by: Anver | 2013/08/17

My suster se pasgebore baba seuntjie het geelsig en hy slaap baie en die dokter het gese hy moet nie so baie slaap nie wat is die oorsaak en is daar dalk iets fout met hom.

Reply to Anver
Posted by: heidi | 2010/09/29

dit kan dalk refluks wees. ek het n baba met koliek gehad en sy het haar beentjies opgetrek maar die dak (en hele huis) vir ure lank weggeskree. my vriendin se twee seuntjies het albei refluks gehad en so gekreun. borsvoeding is baie goed daarvoor. anders raadpleeg jou pediater en hoor wat hy/sy sé . voorspoed!

Reply to heidi

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.