Childhood Diseases

Question
Posted by: Nellie | 2011-11-29

Q.

Pak Gee

Ons seuntjie is nou 3 jaar oud en gaan deur ''n stadium van baie tantrums gooi as hy nie sy sin kry nie. Sondagaand het my man hom gebad hy het die water uit die bad gegooi en my man het op sy boud vir hom ''n hou met sy hand gegee. Toe hy hom uit di bad haal het hy my man in die gesig geslaan .My man het hom toe twee hou op sy boude gegee. My man het hom die volgende oggend aangtrek. Daardie selfde oggend kry ek ''n oproep van die juf by die skool om te hoor wat het op my seuntjie se boude gebeur ek het nie lekker verstaan nie. Daardie aand toe ek hom uittrek was sy boudtjies blou, Is dit moontlik dat dit van eers 1 hou en toe 2hou so kan raak. EK het toe vir hom daardie aand na hy gebad het tandepaste opgesit asook later Sudocrem. Ek het hom al ook voorheen my my hand op sy boud geslaan as hy stout was en dit het nog nooit so gelyk nie. Wat ek wil weet is wat is die rede hiervoor. Ek voel so sleg want eerste ding wat mense dink is jy mishande jou kind. Wat glad nie die geval is nie ons is baie lief vir ons seuntjie. Ek sal graag u raad wil he. Baie dankie :-)

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie blou plekke op jou seuntjie se boude is seker kneusings waar sy pa hom geslaan het.Sekere kinders kan baie maklik kneusings opdoen.'n Kneusing is 'n area van velverkleuring veroorsaak deur die ontsnapping van bloed uit geruptuurde onderliggende vate as gevolg van beseering.Indien jou seuntjie weer so stout is of tantrums gooi sal die beste wees om hom dadelik na sy kamer te neem en die deur toe te maak.Hy mag nie sy kamer verlaat nie totdat hy heeltemal stil is en bereid is om te se dat hy jammer is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Jenny | 2011-11-30

Hoekom het jy tandepaste opgesit?

Reply to Jenny

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.