Childhood Diseases

Question
Posted by: 1ste keer mamma | 2009/10/02

Q.

Opgooi van melk

My baba dogtertjie is 14 weke oud. Sy spoeg gereeld haar melk op. Sy is op Infacare Soya. Sy het slym ontwikkel toe haal Pediater haar af van Infacare Soya en sit haar op NAN HA. Maar dit het haar nie gevoed nie en die slym het nie weggaan nie. Het haar toe na die Huis dr toe geneem wat gesê  het dat dit nie ' n allergie agv die melk is nie, babatjie kry maar slym. Sit haar toe terug op Infacare Soya. Ek is nou net bekommerd dat al die opgooiery die slym kan veroorsaak. Of veroorsaak die slym dalk die opgooiery? Ek is raadop, want partykeer moet ek haar tot 4 keer ' n dag skoon aantrek. Na elke bottle. Partykeer gaan dit goed dat sy nie na die bottle opgooi nie. Is daar enige iets wat ek kan doen? Het dit al oorweeg om weer die melk te verander. Is dit dalk wat hulle Infant Reflux noem?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba is nie allergies vir melk nie. Sy het 'n redelike erge graad van refluks. Probeer Novalac AR formule en haal haar van die soja formule af. Indien sy nie op hierdie formule verbeter nie skryf aub weer en ek sal probeer om verder te help.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
user comments

C.

Posted by: Anonymous | 2016/06/19

Hi wil grag hoor my baba is nu amper 6 maande oud hy is op nana optipro en bring symelk opisdaar enige raad en hytel stadig gewig op is daar enigeraad asb

Reply to Anonymous
Posted by: lizel | 2013/10/30

my baba seuntjie is 10 weke oud. ek borsvoed. maar deesdae gooi hy op ngal bja,ek gee wind middels. het iemand asb raad. danki

Reply to lizel
Posted by: Annarita | 2010/02/01

My dogter is ' n jaar en 5 maande oud en gebruik Invasoy no 2 maar daar is nie ' n nommer 3 nie na watter melk moet ek haar nou laat gebruik. Sy was voorheen op S26 maar gesukkel met haar bors, hardlywig en ekseem.

Dankie

Reply to Annarita
Posted by: Marilize | 2009/11/03

Baba is 5 maande oud en het n snotterige neuse, en gooi slym op na elke voeding,of selfs as sy hoes kom alles uit. Maar sy gooi al slym op vandat sy gebore is ek gebruik S62 op oomblik en oorweeg dit om oor tegaan na soya melk toe maar is onseker.

Reply to Marilize
Posted by: Rolene Opperman | 2009/10/18

My baba is twee weke oud, ek borsvoed. Hy het aanvanklik elke 3 - 4 ure gedrink, maar nou is dit so min as elke 1 uur. Hy slaap baie sleg. Ek het begin om hom op Lactogen melk te sit. Het dit stelselmatig begin gee, met net 2 bottels die eerste dag. Op die 4de dag het ek hom net formule gegee. Maar toe gooi hy na 3 voedings op. Hy het nie slym nie, sy magie werk normaal en hy is eintlik baie rustig as hy slaap. Moet ek die melk verander, is hy allergies daarvoor?

Reply to Rolene Opperman

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.