Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2008/08/08

Q.

Oorinfeksie

My seuntjie van 17 maande het amper 3 weke terug begin met oor-en keelinfeksie. Dokter het Orelox(?) voorgeskryf. Dit het nie gehelp nie. Maandag het ons hom by die Pediater gehad, wat Zinnat(??) antibiotika voorgeskryf het. Die kursus maak Saterdag klaar. Hy hoes egter baie sleg in die nag en ek kan sien die oortjies is nog nie reg nie. Pediater het gesê  dat as hy nie reg is na die antibiotika nie, moet ek terugkom dat sy hom verwys na ' n ENT, wat blykbaar net " grommets"  insit as dit die laaste uitweg is. Wat is die implikasie as hy grommets kry, en as die ENT nie grommets insit nie, watter ander alternatiewe is daar?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit lyk wel asof dit gaan nodig wees om grommets in te sit om jou baba se middelore te draneer.Hopelik sal dit nie nodig wees nie,maar die ONK spesialis sal hierdei besluit moet neem.Wanneer jy hierdie spesialis raadpleeg is dit dan die tyd om al jou vrae te vra en ek is seker dat hy jou sal kan gerusstel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Carla | 2008/08/08

Dr, ek het ook gelees dat hulle sê  jy moet nie grommets insit voor baba minstens 3 maande behandel is nie, omdat grommets net ingesit word as hy " glue ear"  het. Is dit so? Watter behandeling moet hy dan anders kry as hy bv. Maandag nog nie gesond is nie. Kan dit permanente doofheid veroorsaak?

Reply to Carla

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.