Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2010-05-26

Q.

Oor infeksie

My 7 maande oue seuntjie het nou 2 keer oorinfeksie gehad en was op antibiotika. Hy het volgende week ''n afspraak by die ENT om te kyk of die drukking en vog beter is. (Die GP het aanbeveel ek vat hom 5 weke na die laaste infeksie soontoe). Gister was hy by die Pediater vir sy roetine ondersoek. Sy sê  toe vir my sy oortjies en keel is baie rooi. Ek kan egter nie agterkom dat hy " siek"  is nou nie, want hy huil en skree nie soos die vorige kere nie. Hy slaap ook goed. Moet ek hom steeds ENT toe vat? Iemand wat ek ken het sy Homopaat gebel, wie aangedui het dat ek hom dalk eers soontoe vat dat hy kyk of dit ''n allergie is wat dit veroorsaak of wat, want hy dink nie ''n 7 maande oue babatjie moet grommets kry nie. Wat is u opinie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag en ook 'n baie moeilike vraag om te antwoord sonder om jou baba te kan ondersoek. Ek vermoed dat hy 'n problem het wat dikwels onder hierdie ouderdoms groep voorkom naamlik 'glue ears' Dit bedoel dat daar vog is in beide sy middelore agter die oordromme wat nie deur sy Eustachius-buiste kan uitloop nie.Die oorontsteking is verby maar die vog bly daar sit en dit kan jou baba se gehoor beinvloed. Die beste sal wees om die ONK spesialis te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.