Childhood Diseases

Question
Posted by: D | 2008-11-05

Q.

ONWEL BABA

My baba dogtertjie is nou 4 maande oud.

Ek het ' n vermoede haar tandjies begin in die kaste ingroei, aangesien sy die heeltyd wil byt. Sy het koors gehad, maar nie so dat dit te erg raak nie. Sy was huilerig ens.

Van gister af het sy koors gehad wat wissel tussen 38 en 39. Sy bly huil aanmekaar. Sy wil ook niks drink behalwe water nie. Ek het haar by ' n dokter gister middag gehad wat vir my Painamol gegee het vir pyn en koors. Ek het egter vir haar gegee en koors was gebreek. Sy slaap BAIE onrustig. Sy het gisteraan deur die nag 2 bottels melk gedrink.
Vandag wil sy niks drink nie, nie melk nie, nie water nie en ook nie rooibos tee nie. Wanneer jy ' n nat waslap of iets by haar mondjie hou dan suig dit verskriklik. Sy het glad nie meer koors nie,maar skree nog steeds aanhoudend.
Sy trek inmekaar soos krampe. Wanneer sy winde opbring of windjies los, dan huil nog meer.

Moet ek haar dringend by ' n dokter of hospitaal kry?????

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is bekommerd oor jou baba se simptome. Haar koors was gister baie hoog en dit is nie as gevolg van tandekry nie. Dit is nodig om seker te maak dat sy nie die simptome van meningitis het nie. Dit is nodig om haar na die naaste hopstaal te neem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: D | 2008-11-07

Baie dankie. Ek het haar inderdaad by die pediater gehad gister. Sy is egter opgeneem in hospitaal. Sy het blaas infeksie,maar wag op nog bloeduitslae. Sy is wel op drip met antibiotika en is rustiger. Haar koors was wel netnou weer 38.8. Ons glo sy gaan gou gesond word.
Weereens dankie.

Reply to D

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.